Monday, September 3, 2012

Sat1 & Son 2 September

Sondagmiddag 2 - 5nm, Elspeth Liebenberg van Campus Crusade
Danie het gereel dat Elspeth met ons praat oor Member Care en die realiteite op die veld wat sendelinge deur moet sien en hoe stuursellede aktief kan help met verkeie aspekte tydens hul dienstydperk op die veld asook wanneer hulle huis toe kom.







Saterdagaand 5 - 9nm - Philip van Wyk Spesiale Nood projek terugvoer by KE Pretoria Fellowship
Op Sat 23 Junie was daar by KE Pta Fellowship 'n uitnodiging om deel te neem aand die geleentheid, en hierdie Saterdag was die formele terugvoer. Dit was die 3de formele teruvoer aan vriende, vennote en kerke.




Saterdagoggend 11 - 5nm, Danie & Esther Stuursel vergadering
Die hoof doel van 'n stuurspan is om die sendeling te help en dus is die groep doel en taak gerig.  Die hele span is verantwoordelik om die bestaande take op die tafel uit gevoer te kry.  Dit was 'n goeie toets-lopie om te sien of die individue hul prioriteite daarvolgens stel om Danie & Esther te help met hul voorbereidings in die volgende paar maande.


Lekker verjaar ou maat!
Dit was Jac en Danie se verjaarsdae en Melinda het vir hulle 'n Angry Bird koek gebak
(terloops, dit is die mees afgelaaide program in die wereld huidiglik)

No comments:

Post a Comment