Monday, August 27, 2012

Sat 25 Aug - BULGARYE Terugvoer!

KE Bulgarye is 'n nuwe vertaking wat in 2011 gestalte gekry het toe Kobus & Hanneke en JP & Rita tydens 'n recce in September 'n huis gekoop het in die dorp Gostilitsia, min of meer sentraal Bulgarye. Hierdie visie is al 'n paar jaar gelede deur JP ontvang en het die tyd-toets met lof geslaag as daar na die magdom sending-vrugte gekyk word in soveel mense se lewens.... 


Die eerste werks-groep het toe in Mei oorgegaan, waarvan die meerderheid spanlede vanuit Lewende Woord Oos gemeente bestaan het - interessant ne!

(Jammer Sipho, of  eerder Wouter, asook Bertus kon dit nie maak nie)

Kobus & Hanneke het die skyfie vertoning gelei waartydens die spanlede elk 'n beurt gekry het om hul eie belewenis te kon deel.  Die van Tonder gesin het 'n volle 3 maande in Bulgarye spandeer en vir almal vertel van hul besonderse journey nadat JP, Jordan en Rita, asook die werksgroep terug huis toe vertrek het. Die plan en doel van sending in sy volheid!


Bulgaarse visas reguleer 'n maksimum van 3 maande besoeke tydens die somer seisoen.... ongelukkig is die huis nog nie leefbaar om die Oos-Europese winters te oorleef nie...

Wie gaan saam volgende jaar???!
(ons skat rond en om Maart/April/Mei/Junie 2013 G-w)
 

No comments:

Post a Comment