Tuesday, September 25, 2012

Sat 22 + Mon 24 Sep

Kingdom Encounters in SA is besig om aan 'n baie interessante projek te begin werk en Saterdag was die begin van beginne.  Op die stadium was die lede van die KE Board die verteenwoordigende partye maar daar is reeds ander wat ons nog graag aanboord sou wou sien kom.

Toe het JP & Rita Maandag vertrek Bulgarye toe tot en met Novemeber, wat JP betyds sal terug besorg vir 'n paar Starting Points en die daaropvolgende P2P module Turning Point 29 Nov - 2 Des.  Kyk gerus uit vir Starting Point datums in Oktober en vroeg Nov!


En raai wat het JP in sy tas?...... 'n gas geyser natuurlik!

Met die dat ons JP hulle afgesien het, loop ons toevallig vir Jeff en Marlene Whindus raak, wat ou KE Friends is!

Hou gerus JP se blog dop vir dievolgende paar weke

Tuesday, September 18, 2012

Sat 15 Sept - Sending Naweek

Eden Gemeente - Bronkhorstspruit
Philip van Wyk se stuursel het sy uitstal-tafel om die beurt beman maar ongelukkig was die 'sending' naweek eerder 'n evangeliesasie naweek. Agrimin/Amos se fokus was om die boere te bearbei oor hoe om die evangelie tasbaar, doenbaar, leefbaar te maak teenoor die plaaswerkers op hule eie plase hier in SA.



Is dit regtig belangrik om die verskil tussen sending en evangelisasie te kan onderskei?
As jy so dink nie, nooi ons jou graag uit na dievolgende Passage 2 Purpose kurses in Nov/Des! 

Monday, September 3, 2012

Sat1 & Son 2 September

Sondagmiddag 2 - 5nm, Elspeth Liebenberg van Campus Crusade
Danie het gereel dat Elspeth met ons praat oor Member Care en die realiteite op die veld wat sendelinge deur moet sien en hoe stuursellede aktief kan help met verkeie aspekte tydens hul dienstydperk op die veld asook wanneer hulle huis toe kom.







Saterdagaand 5 - 9nm - Philip van Wyk Spesiale Nood projek terugvoer by KE Pretoria Fellowship
Op Sat 23 Junie was daar by KE Pta Fellowship 'n uitnodiging om deel te neem aand die geleentheid, en hierdie Saterdag was die formele terugvoer. Dit was die 3de formele teruvoer aan vriende, vennote en kerke.




Saterdagoggend 11 - 5nm, Danie & Esther Stuursel vergadering
Die hoof doel van 'n stuurspan is om die sendeling te help en dus is die groep doel en taak gerig.  Die hele span is verantwoordelik om die bestaande take op die tafel uit gevoer te kry.  Dit was 'n goeie toets-lopie om te sien of die individue hul prioriteite daarvolgens stel om Danie & Esther te help met hul voorbereidings in die volgende paar maande.


Lekker verjaar ou maat!
Dit was Jac en Danie se verjaarsdae en Melinda het vir hulle 'n Angry Bird koek gebak
(terloops, dit is die mees afgelaaide program in die wereld huidiglik)