Tuesday, November 9, 2010

Saterdag 6 Nov 2010

Wat is die Koningkryk?
Wat die hart van vol is loop die mond van oor! Elkeen van die 12 ‘karavaners’ het hulle harte gedeel vanuit hulle verskillende plekke en ondervindings op die journey tot sovér. Dit was duidelik dat God, op Sý unieke manier, oppad was met elkeen. Mark het ons herinner aan Philip se woorde nl. hoe nader jy aan God beweeg hoe moeliker raak dit maar dat daar niks anders is wat hy eerder sou wou doen nie. Daar is niks meer awesome, exciting en fulfilling as om hierdie Koningkryk pad saam met Hom te stap nie.


Ons het vinnig gebreek vir ‘n lafenis in die hitte en Paulien het ons almal verras met ‘n heerlike sjokoladekoek om haar verjaarsdag mee te vier. Sy se die koek is haar skoonma se pride and joy!

Werner het ons bespreking oor wat die Koninkgryk is gefasiliteer. Almal het deelgeneem en is gekonfronteer met die vraag wat die Koningkryk wérklik in elkeen van ons se lewens is. Die Koningkryk moet begin om alles te deurdring en Sỳ heerskappy moet ín en déur ons lewens manifesteer. Hy het ons konings, priesters en profete gemaak en daarom moet ons met dieselfde zeal as wat Petrus vir Christus gehad het, die Koningkryk terugvat!  BESTORMERS........ Matt 11:12
Rom 8:19 For the creation waits with eager longing for the revealing of the sons of God.

No comments:

Post a Comment