Monday, November 19, 2012

Dit het vir ons begin.....

Sekuriteits-bewustheid vir ons eie kruis kulturele en onbereikte werkers

Ek moes sopas hierdie blog skoonmaak van ons Taaiboer se naam in die sites waar dit opgekom het in ons google search ivm met sy geboorte naam en die mense groep waarmee hy tans werk.  Ek het die ander blogs wat ons cravan volg, en dus wat ons almal link, afgehaal.

Die afgelope maande is daar verskeie kere al gepraat oor 'onder die radar'-bewustheid  en nou is dit hier vir ons...

Die kodering van sekere sleutelwoorde is nie meer net praat nie, dis nou die manier hoe dinge gedoen gaan word voorentoe.  Al voel ons nie die dringendheid hier in sonnige SA nie, vir die wat daar anderkant is, kom die onsigbare mure al nader en nader. Die harde realiteit is dat lande toe is vir hierdie Blye Boodskap omdat dit eintlik maar die Gevorseerde Boodksap geword het, plus ander faktore...

En as 'n ou se naam gemerk is, is die visas toe...

Die elektroniese kommuikasie is die gouste/maklikste manier om inligting te versprei/op te spoor, so ons vra dat hierdie bewustheid nie ligtelike opgeneem word nie (veral nie omdat dit nie jou realiteit is nie) maar dat ons almal van nou af kodeering gebruik waar van toepassing. Kry klaarheid by jou oes-werker.

Missionologie het dit klaar gedokumenteer... en vir die wat die oe wil he om dit te sien...

Dit lyk deesdae asof die Koningkryks-gaping tussen evangelisasie en sending al hoe groter word, met rede....

No comments:

Post a Comment