Monday, November 28, 2011

Sat 26 Nov, LOY KRATHONG - fees van lig

Ek het met groot verwagting binne die 'food court' ingeloop om die Thai mense weer mooi te sien ent e hoor want hulle laat my aan Flippie dink!
Nie dat Philip enigsins soos hulle lyk nie, maar omdat hy so lief is vir hulle! En dis met daai agape liefde dat ek die kos en verrigtinge so geniet het, want ek weet die Here se hart klop tjoklits vir die kort mensies....
Ek het my verlustig om die Thai mense ongekunsteld te sien in hulle familie groepe, laggend, in hul element juis omdat dit hulle dag is
Ons het die lekkerste park-kuier gehad - kaalvoete op die groen gras, lekker kos, goeie gesleskap en vermaaklikheid van 'n heel ander natuur
Daar was so baie om na te kyk.... en ek praat nie net van die Thai nie.... yislaaik!
Sover ek weet het die meeste nasies 'n fees van lig....

No comments:

Post a Comment